Fase 3-beurtkrag het vanmiddag om vieruur in werking getree en sal tot om vyfuur môreoggend in plek bly.

Eskom het laat weet hierdie stap is genoodsaak ten einde sy noodreserwes aan te vul.

Fase drie sal môreoggend om vyf plek vir fase een maak, en dit sal dan tot om vieruur môremiddag die orde van die dag wees.

Jou beurte om deur Eskom van krag voorsien te word sal tot verdere kennisgewing volgens hierdie rooster geskied.

Intussen moedig die nasionale Tesourie kleinsakeondernemings en huishoudings aan om aansoek te doen by sy spesiale leningskema vir geldsteun om sonkragtoerusting te installeer.

Die leningskema is verlede week van stapel gestuur en sal vir een jaar aansoeke inwag.

Volgens die Tesourie dek so ‘n spesiale lening sonpanele, batterye en ander installasieverwante kostes.

Die skema vorm deel van die regering se planne om die land se kragkrisis die hoof te bied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×