Die burgerlike organisasie, Right to Read, het ‘n beroep op die regering gedoen om leesstandaarde in die land te verbeter.
Die organisasie sê dit kan gedoen word deur die oorbevolkingskrisis in baie skole aan te spreek.
Right to Read het vandeesweek sy leesprogram bekendgestel wat daarop gemik is om leerders te help om met begrip te lees.
Die inisiatief volg op statistieke wat getoon het dat 81% van graad 4-leerders in 2021 nie met begrip kon lees nie.