Die registrasie van kiesers word die naweek gehou vir die 96 munisipale tussenverkiesings

Die registrasie van kiesers word die naweek gehou vir die 96 munisipale tussenverkiesings wat op die 11de van volgende maand in 56 munisipaliteite
plaasvind.

Dit sal plaasvind in al nege provinsies en betrek meer as 600 000 geregistreerde kiesers.

Die Verkiesingskommissie sê stempunte sal Saterdag en Sondag oop wees om alle kiesers toe te laat om te registreer of hul registrasiebesonderhede na te gaan.

Alle Covid-19-protokolle sal geld om die veiligheid van kiesers te verseker.

Luister na potgooie hieronder