Die regstryd tussen Siyangena Technologies en die Passierspooragentskap, PRASA, waarby miljoene rand betrokke is, word vandag in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor. Siyangena bevraagteken die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria in Oktober 2020 waarvolgens kontrakte met PRASA ter syde gestel is. Die hof het bevind dat Siyangena een van die maatskappye is aan wie kontrakte onregmatig toegeken is. Dit kom nadat ‘n kontrak van sowat R6-miljard aan Siyangena toegeken is om veiligheidsinfrastruktuur by PRASA-stasies vir die 2010 Sokker Wêreldbeker aan te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×