Die Regterlike Dienskommissie, of RDK, gaan aanbeveel dat die regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe, geskors word. Die RDK het Maandag in ʼn verklaring gesê dat hy dié aanbeveling aan president Cyril Ramaphosa gaan maak. Die besluit kom 14 jaar nadat Hlophe twee regters van die konstitusionele hof glo probeer beïnvloed het in ʼn korrupsiesaak teen oudpresident Jacob Zuma. Die RDK het eers die klagtes van die twee regters van die hand gewys, maar die saak is later weer aangehoor. Hlope is hierna aan growwe wangedrag skuldig bevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×