Politieke kommentators meen die talle ingryings van die departement tesourie om staatskuld onder bedwang te bring, is eintlik misplaas. Die landbou-organisasie TLU SA, het in ‘n verklaring in reaksie op die begroting gesê die land moet presteer om uit die skuld te kom. Mens kan jouself nie uit die skuld uit leen nie. Die TLU het bygevoeg die begroting van 2024 skep ‘n stagnante ekonomie vir Suid-Afrika.
Prof Raymond Parsons, ‘n ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool het gesê ekonomiese groei is die enigste manier om die probleem met staatskuld op te los. Hy het gesê in die 2024/2025-boekjaar sal die verhouding van staatskuld tot die bruto binnelandse produk, of BPP, tot 74,1% styg. Die staat se bruto skuldlas sal egter volgens elke vooruitskatting nog onbepaald toeneem.