Die rektor en vise-kanselier van SUT word wéér deur die raad aangekla

 Die rektor en vise-kanselier van SUT word wéér deur die raad aangekla

Na ‘n bitter vorige hoftwis word die rektor en vise-kanselier van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, oftewel SUT, prof. Henk de Jager, weer eens dissiplinêr deur die SUT-raad aangekla.

Netwerk 24 berig dat die verhoor op 1 en 2 Julie sal plaasvind.

Volgens Bruce Blair word De Jager op 1 Julie daarvan aangekla dat hy nie aandag gegee het aan die klagte van ‘n werknemer, Geralda Winkler, toe sy gekla het oor seksuele teistering deur dr. Gary Paul nie.

Die versuim om op te tree het dan ook tot oneer vir die SUT gelei. Op 2 Julie word beide De Jager en sy sekretaresse
aangekla, omdat hy inligting oor ‘n kollega met haar sou gedeel het, en dat sy verkeerdelik met die inligting sou gehandel het.

LeandreAdmin@