Die renjaer Romain Grosjean sê die kop beskermingstoerusting van sy renmotor het sy lewe gered

Die renjaer Romain Grosjean, wat gister in die Bahrainse grand prix in ‘n ernstige botsing betrokke was, sê die kop beskermingstoerusting van sy renmotor het sy lewe gered.
Formule1 het onlangs ‘n drie punt titanium krans ontwerp wat bo die stuurkajuit aangebring is om die bestuurder se kop van motorwrakstukke te beskerm. Grosjean het kort na die begin van gister se wedren teen ‘n versperring gebots.
Sy motor het in twee gebreek en aan die brand geslaan.
Die veiligheids- en amptelike bestuurder van die mediese motor, Suid-Afrikaaner, Alan van der Merwe, was binne sekondes op die toneel.
Grosjean het met slegs brandwonde aan sy hande van ‘n gewisse dood ontkom en is in die hospitaal opgeneem.

Luister na potgooie hieronder