Die rentekoers bly weereens onveranderd op 8,25%.

Weens hierdie besluit van die sentrale bank se monetêre beleidskomitee, staan die prima uitleenkoers dus stil op 11,75%. Maroela Media berig vier lede van die komitee was ten gunste van ’n onveranderde rentekoers. Twee lede het egter ’n vermindering van 25 basispunte verkies. Dit wek die indruk dat ’n rentekoersverlaging dalk wink.

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê onlangse opnames toon ’n verwagte gemiddelde rentekoers van 5% teen volgende jaar, en 4,9% oor twee jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×