Ekonome verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank later vandeesmaand nog ‘n rentekoersverlaging sal oorslaan.

Dit as gevolg van toenemende onsekerheid oor koersverlagings in die VSA.

Die reserwebank het rentekoerse in Januarie met 25 basispunte verlaag, maar die besluit was nie eenparig nie aangesien twee lede van die Monetêre Beleidskomitee gestem het om koerse onveranderd te hou.

Kenners sê die verdeelde besluit toon die reserwebank se groeiende onsekerheid in globale en plaaslike markte.

Die Monetêre Beleidskomitee sal op 20 Maart vergader en sy besluit oor rentekoerse bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×