Die Reserwebank het Donderdag hard geslaan met ‘n rentekoersverhoging van 50 basispunte. Netwerk24 berig dit bring die rentekoers waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, op vier komma sewe vyf persent te staan en die prima rentekoers van banke op agt komma twee vyf persent. Dit is steeds laer as die ses komma vyf persent wat die repokoers einde 2019 was en die tien persent wat die prima rentekoers toe was. Al vyf die lede van die monetêrebeleidskomitee het ‘n verhoging van die rentekoers voorgestaan. Vier van hulle het vir vyftig basispunte gestem en een vir 25 basispunte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×