Die Reserwebank mag dalk nou geen keuse hê nie, as om rentekoersverhogings langer as beplan vol te hou, nadat inflasie weer begin styg het.
Inflasie het in Oktober tot 7,6% gestyg vanaf 7,5% in September.
Netwerk24 berig dat talle kenners verlede maand, met die eerste noemenswaardige daling in inflasie na die jaar se opwaartse neiging, gesê dit wou voorkom of die
opwaartse neiging van inflasie ‘n draaipunt bereik het.
Die onlangse hervatting van die opwaartse koers het meeste kenners onkant gevang en is ook ‘n onheilspellende voorbode vir vandag se aankondiging van die nuwe repo-, en dus rentekoers deur die Reserwebank.