Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het bevind president Cyril Ramaphosa se Ntaba Nyoni-landgoed, wat die Phala Phala-wildplaas besit, was nie “wetlik geregtig” op die 580 000 Amerikaanse dollar wat dit van die Soedanese sakeman, Hazim Mustafa, ontvang het nie.

Volgens News24 is die buffelverkooptransaksie egter vertroebel, aangesien Mustafa nooit die 20 buffels in ontvangs geneem het nie.

Om hierdie rede was daar geen wetlike verpligting op Ramaphosa om die buitelandse valuta onder valutabeheerregulasies te verklaar nie.

Intussen duur die Valke se Phala Phala-ondersoek voort rakende beweerde strafregtelike oortredings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×