Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het gister ʼn rentekoersverhoging van 25 basispunte tot 7,25% aangekondig.

Dit voorspel niks goed vir die miljoene Suid-Afrikaners wat met skuld saamleef nie.

Navorsing toon verbruikers in die inkomstegroep wat meer as R20 000 per maand huis toe neem, bestee ‘n gemiddeld van sowat 66% van hul inkomste om maandeliks hul skuld stukkie vir stukkie af te betaal.

Die skokkende inflasiestatistieke wat verlede week vrygestel is, skets die duistere werklikheid.

Jaar-op-jaar inflasie vir algehele goedere het met 10,1% gestyg, vervoerkoste met 13,9% en kos en nie-alkoholiese drankies met 12,4%.

Die prys van brood het in 2022 alleen met meer as 20% gestyg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×