Die Reserwebank sê Suid-Afrika moet kwessies van energie-sekerheid uitsorteer

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê as die land nie die kwessies rondom energie-sekerheid opklaar nie, sal beleggings in die ekonomie daaronder ly.

Eskom gaan gebuk onder bedryfs- en skuldprobleme wat tot beurtkrag en kragvermindering lei.

Die kragvoorsiener verminder tans die kragtoevoer na Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Limpopo.

Intussen sê die president van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, die ekonomie sal na verwagting herstel toon ná die rekord-inkrimping van 51% in die tweede kwartaal.

Luister na potgooie hieronder