Die Restaurante-vereniging van Suid-Afrika se lede beplan om by die Uniegebou in Pretoria te gaan uitkamp

Die Restaurante-vereniging van Suid-Afrika se lede beplan om by die Uniegebou in Pretoria te gaan uitkamp totdat samesprekings oor die verbod op alkohol en die huidige aandklokreël positiewe gevolge het.

Dit volg nadat RASA reeds ‘n skriftelike versoek aan President Cyril Ramaphosa gerig vir ‘n vergadering om die alkoholverbod op restaurante, te bespreek.

Wendy Alberts, die bestuurshoof van RASA, sê die bedryf wil breër oplossings bespreek.

Sy sê die restaurantbedryf het nie meer enige ander uitweg nie en dat hulle binne dae personeel sal moet aflê en finaal hulle deure moet sluit.

Luister na potgooie hieronder