Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, of SAFTU, gaan by die Economic Freedom Fighters of EFF, se landwye protesaksie oor die kragkrisis aansluit.

SAFTU se sekretaris, Zwelinzima Vavi, het gister dié aankondiging met verwysing tot die beplande nasionale dag van protes op 20 Maart. gemaak.

‘n Artikel 77-kennisgewing is by Nedlac ingedien in ‘n poging om alle werkers te beskerm wat op die dag aan die aksie deelneem.

Vavi het gesê die EFF het die federasie gevra om sy steun aan die beplande protesaksie toe te sê.

Rosestad 100.6FM het vroeër berig volgens die EFF se leier, Julius Malema, was sy party se ontwrigting van president Cyrl Ramaphosa se staatsrede in Februarie, net ‘n voorsmakie van dit wat die party vir hierdie maand beplan.

Hy het gesê hy beplan om die land op 20 Maart tot stilstand te dwing.

Die party het onderneem om alles in sy vermoë doen om te verseker dat Ramaphosa as president van die land verwyder word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×