Volgens die VF Plus suig die Vrystaatse dorp, Welkom, steeds aan die agterspeen wanneer dit by rioolinfrastruktuur kom.
Alhoewel Pemmy Mojadina, minister van sanitasie, aangedui het dat die departement R1.6 miljard aan die rioolkrisis bewillig wat aansienlik meer is was die R425-miljoen rand wat deur haar voorganger aangekondig was, blyk dit egter vir die VF Plus of die meerderheid van hierdie fondse in Thabong bestee word.
En dus sal hulle ‘n opvolg versoek aan die minister rig om meer duidelikheid te gee oor wat die fooie behels en hoe dit tot die verbetering van infrastruktuur bygedra het.
Volgens die party se Stefan Pienaar verdien alle inwoners gelyke behandeling.