Die politieke party, Rise Mzansi, hou die deur vir koalisies oop, en kan aldus partyleier, Songezo Zibi, in ‘n noodgeval, selfs samewerking met die ANC oorweeg, mits dit in belang van die land is.

Zibi, het na afloop van die bekendstelling van Rise Mzansi se verkiesingsmanifes, aan Netwerk24 gesê sy party gaan nie ‘n dogmatiese standpunt oor koalisies inneem nie.

Hy sê hoewel Rise Mzansi links van die Veelpartyhandves van Suid-Afrika staan, sluit hy ook nie die moontlikheid van koalisies met dié groep uit nie.

error: Inhoud is beskerm !!