Die rugbyheld, Frik du Preez, word sommer nou reeds oor sy 90ste verjaarsdag gespot.

Volksblad berig Du Preez, wat in die Wêreldrugby-heldesaal opgeneem is en in 38 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf het, het Maandag sy 87ste verjaarsdag stil-stil saam met sy vrou, Bes, in hul huis op die Silver Lakes-gholf-landgoed in Pretoria gevier.

Die 76-jarige John Williams wat in 1971 saam met Du Preez vir die Bokke gespeel het, het gesê dat hy oor drie jaar sal kan sê dat hy rugby gespeel het saam met ‘n ou wat 90 jaar oud is.

Du Preez het gister gesê hy weet nie hoeveel oproepe van gelukwense hy ontvang het nie, maar dit was waarskynlik ongeveer 200 was.

Verjaarsdagwense vir Du Preez het ook op die sosialemediaplatform, Facebook, ingestroom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×