Die Russiese president, Wladimir Poetin, en Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het albei verlede maand ingestem om ʼn vredesending vanuit
Afrika te ontvang.

Maroela Media berig altesaam ses leiers sal deel vorm van die afvaardiging.

Benewens president Cyril Ramaphosa, gaan die presidente van die Republiek van die Kongo, Egipte, Senegal, Uganda en Zambië ook saam.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het gesê die betrokke presidente het Maandag vergader en ooreengekom dat hulle “elemente van ʼn wapenstilstand en blywende vrede” met Poetin en Zelenski sal bespreek.

Die vredemakers vertrek middel Junie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×