Die SA Inkomstediens, of SAID, het bekendgemaak dat daar vandag ‘n grootskaalse klopjag op vermeende steenkoolsmokkelaars in vyf verskillende provinsies uitgevoer is. Die SAID het die operasie bestuur wat ook verskeie ander wetstoepassingsowerhede ingeluit het. Netwerk 24 berig volgens die SAID is daar toegeslaan op ‘n goed-georganiseerde misdaadsindikaat wat ‘n groot rol gespeel het om die kragkrisis en beurtkrag te vererger. Geen inligting is verder bekendgemaak of verdagtes in hegtenis geneem is en of daar op bates beslag gelê is nie. Die SAID het wel gesê belastinginkomste wat weens die bedrywighede verlore gegaan het, beloop meer as R500 miljoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×