Die borgtog-aansoeke van die agt BBP-lede verbonde aan die adjunkpresident, Paul Mashatile, gaan vandag in die Randburg-landdroshof vir voort. Dit volg ná hul arrestasies die naweek. Hulle staan tereg op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging, roekelose bestuur, aanranding en dwarsboming van die gereg. Die drie slagoffers werk vir die weermag en was van diens af tydens die aanval op die N1 in Fourways vroeër vandeesmaand. Die staat staan borgtog teen omdat die persoon wat die video van die voorval op sosiale media geplaas het, kort daarna dreigemente ontvang het.