Die saak teen die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die uitbrand van 51 Putco-busse in Mpumalanga, is uitgestel.
Nuusflits berig Isaac Mabena en Luthando Skosana is vroeër die week in hegtenis geneem vir die beweerde aanval op die Siyabuswa Putco-depot waar busse aan die brand gesteek is.
Die verdagtes het Donderdag in die Mdutjane-landdroshof op verskeie aanklagtes verskyn.
Die aanklagtes sluit gewapende roof, skade aan noodsaaklike infrastruktuur, besit van gesteelde eiendom en skade aan eiendom in.
Die saak is tot 6 Februarie vir ’n formele borgaansoek uitgestel, en die verdagtes sal in aanhouding bly.
Ander verdagtes gaan na verwagting ook in hegtenis geneem word.