Die saak teen drie voormalige senior amptenare van die Vrystaatse departement van landbou word uitgestel

Die saak teen die drie voormalige senior amptenare van die Vrystaatse departement van landbou en die twee beweerde Gupta-meelopers wat aangekla word vir bedrog van bykans R25-miljoen in verband met ‘n volhoubaarheidstudie vir ‘n Vrystaatse plaasprojek is in die Bloemfonteinse Streekhof tot 6 September uitgestel.

Die hofverrigtinge het vanoggend weens Covid 19 inperkings plaasgevind sonder dat die beskuldigdes in die hof was.

Netwerk24 berig intussen pogings om Atul Gupta, sy vrou, Chetali, Rajesh Gupta en sy vrou, Arti terug te bring na Suid-Afrika verskerp is deurdat Interpol sogenaamde rooi kennisgewings uitgereik het.

Iqbal Sharma bly steeds in aanhouding.

Luister na potgooie hieronder