Die saak teen Iqbal Sharma en drie voormalige Vrystaat-amptenare word uitgestel

Die saak teen die voormalige Transnet-raadslid en Gupta-bondgenoot, Iqbal Sharma en drie voormalige amptenare van die Vrystaatse Departement van Landbou, is in die Bloemfontein-streekhof tot 8 Oktober uitgestel.

Dit hou verband met die omstrede uitvoerbaarheidstudie oor landbouprojekte in die provinsie waarvoor die departement R24,9-miljoen betaal het.

17 Beskuldiges, wat twee van die Gupta-broers en hulle vroue insluit, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Luidens berigte is die saak uitgestel om die klagstaat te finaliseer.

Intussen is die verdagtes se borgtog verleng tot hulle volgende hofverskyning.

Luister na potgooie hieronder