Die saak teen ‘n man wat beskuldig word van poging tot ontvoering van ‘n vierjarige meisie by ‘n restaurant in Johannesburg is tot 3 November uitgestel

 Die saak teen ‘n man wat beskuldig word van poging tot ontvoering van ‘n vierjarige meisie by ‘n restaurant in Johannesburg is tot 3 November uitgestel

Die saak teen ‘n man wat beskuldig word van poging tot ontvoering van ‘n vierjarige meisie by ‘n restaurant in Florida, Johannesburg, is tot 3 November uitgestel.

Naseem Slamang het in die Landdroshof in Roodepoort verskyn waar bykomende aanklagte by sy klagstaat gevoeg is.

Dit hou verband met ‘n lasbrief wat in 2018 uitgereik is. Beeldmateriaal wys hoe ‘n man die meisie probeer gryp terwyl sy saam met haar ma in die restaurant gesit het.

Slamang word aangekla van poging tot ontvoering, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

LeandreAdmin@