Die saak van bedrog en korrupsie teen oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, is in die Pietermaritzburgse hooggeregshof tot 17 Oktober uitgestel. Die saak is uitgestel hangende die uitkoms van Zuma se aansoek, dat die hoofaanklaer, Billy Downer, hom aan die saak moet onttrek. Zuma het hom tot die Grondwet Hof gewend nadat sy aansoek oor Downer in die Appélhof in Bloemfontein van die hand gewys is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×