Die saak tussen Ace Magashule en die ANC gaan vandag voort

Die saak tussen die voormalige-sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule en die ANC, oor sy skorsing sal vandag virtueel voortgaan.

Tydens gister se verigtinge het regter Jody Kollapen aan Magashule se advokaat, Dali Mpofu, gevra om sy betoë vandag te verkort.

Luidens berigte het Mpofu gister aan die hof gesê dat die verbod waar Magashule nie enige party-verrigtinge mag bywoon nie, ongrondwetlik is. Dit volg nadat Magashule vroeër vanjaar geskors is nadat hy besluit het om nie, volgens die ANC se 2017 resolusie, vrywillig opsy te staan terwyl strafregtelike klagte teen hom ondersoek word nie.

Luister na potgooie hieronder