Die saak van drie Lesotho-burgers wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn Bloemfonteinse taverne eienaar is tot Maandag volgende week uitgestel. Hulle sal dan waarskynlik aansoek doen om borgtog.  Hulle het vanoggend vlugtig in die Bloemfontein Landroshof verskyn.  Hulle word daarvan aangekla dat hulle die eienaar van die By Hoek Lounge in Phahameng vermoor het.  Hy is in die vroeë oggendure Sondag doodgeskiet wat tot groot ongelukkigheid in die gemeenskap gelei het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×