Die SABC het dit weer reggekry om op die laaste nippertjie ‘n ooreenkoms met Multichoice aan te gaan om wedstryde van die krieket Wêreldbeker-toernooi wat tans in Indië gespeel word, uit te saai. News 24 berig die SABC en Multichoice het ooreengekom met ‘n tarief nadat onderhandelinge Dinsdag op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die SABC sal al nege van die Proteas se wedstryde uitsaai asook een halfeindstryd en die eindstryd. Dit is die twee laasteminuut-transaksie die afgelope tyd toe die SABC ook die regte gekry het om die Springbokke se wedstryde in die rugby Wêreldbeker, wat tans plaasvind, uit te saai.
