Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n verandering vir individuele inkomstebelastingregistrasies geïmplementeer.

BusninessTech berig die inkomstediens het gesê nuwe eFiling-registrasies vir Persoonlike Inkomstebelasting kan nou gesigsherkenning vereis vir alle individue wat registreer.

Individue wat die eFiling-webwerf of SARS MobiApp gebruik om te registreer, sal ‘n toestel met ‘n kamera benodig, indien ‘n persoon nie toegang tot ‘n toestel met ‘n kamera het nie, kan ‘n afspraak met ‘n SAID-beampte gemaak word om met die registrasie te help.

Met swendelaars en kriminele aktiwiteite, soos eFiling-profielkapings wat eskaleer, kom die skuif na strenger sekuriteit in ‘n poging om eFiling-bedrog in die land te probeer onderdruk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×