Die SAKP het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, daarvan beskuldig dat hy die land se teenkorrupsie-wetgewing oortree het. De Ruyter het in ‘n onderhoud met ‘n private televisiestasie beweer die regerende party het Eskom as ‘n voerbak behandel. Hy het ook gesê ’n sekere minister sit agter die plundering by Eskom. Die SAKP se woordvoerder Alex Mashilo sê enigiemand wat ‘n daad van korrupsie identifiseer of opmerk, moet dit onmiddelik by wetstoepassingsowerhede aanmeld.