Die SAKP het sy ontsteltenis te kenne gegee oor sy logo wat gebruik word in ShutdownSouthAfrica veldtog

Die SAKP het sy ontsteltenis te kenne gegee oor sy logo wat gebruik word in ShutdownSouthAfrica veldtog, wat mense aanmoedig om vandag die land tot stilstand te bring.

Rosestad Nuus het vroeër berig dat die polisie en veiligheidsmagte gesê het, hulle is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag vir enige voorvalle.

Volgens die SAKP se sekretaris in KwaZulu-Natal, Themba Mthembu, het hulle eers vanoggend verneem hulle naam by die veldtog betrek word.

Hy sê hulle wil beklemtoon dat die party hom glad nie daarmee vereenselwig nie.

Die oorsprong van die veldtog wat op sosiale media aangestuur word, is nog onbekend.

Luister na potgooie hieronder