Die SAKP sê hulle is nie van plan om as ʼn politieke party te deregistreer nie.

Dit volg nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie laat weet het dat die party een van bykans 200 partye is wat moontlik gederegistreer gaan word.

Die OVK het verlede week ’n lys van 192 onaktiewe politieke partye vrygestel wat hy beoog om amptelik te deregistreer.

Dit was partye wat nie in enige munisipale, provinsiale of nasionale wetgewer verteenwoordig is nie en het nie hul registrasies hernu nie.

Die SAKP het vroeër aangedui dat dit van plan is om onafhanklik van die ANC in die volgende plaaslike verkiesings deel te neem. Partye is tot 24 Maart gegun om vertoë aan die OVK te rig.

error: Inhoud is beskerm !!