Die SAKP sê alle lede is onderhewig aan die besluit van die ANC se NUK dat lede wat van korrupsie aangekla word, vir eers opsy moet staan

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, sê alle lede van die drieparty-alliansie is onderhewig aan die besluit van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee dat lede wat van korrupsie aangekla word, vir eers opsy moet staan.

Die SAKP sê lede wat aangekla word van ernstige misdade moet binne 30 dae hulle posisies ontruim of geskors word.

Die party sê dié stappe sal staatskaping en ander vorme van korrupsie help uitroei.

Luister na potgooie hieronder