Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, of SAKP, reken méér, eerder as minder, begunstigdes behoort voordeel uit maatskaplike toelae te trek.
Dit volg in reaksie op die minister van finansies, Enoch Godongwana se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring wat gister bekend gemaak is.
Die party het sy kommer uitgespreek oor maatreëls wat die regering gebruik om die aantal begunstigdes te verminder wat in aanmerking vir maatskaplike verligting kom.
Die SAKP sê die minister se planne sal ekonomiese groei in die land onderdruk.