Die SAL hervat sy vlugte in September

Die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens, oftewel SAL, is uiteindelik weer onderweg.

Die lugdiens het bevestig dat hy sy eerste vlugte, na ‘n afwesigheid van byna twee jaar, op 23 September hervat.

Kaartjieverkope open vandag.

Thomas Kgokolo, tussentydse uitvoerende hoof het aan Netwerk 24 gesê dat die SAL ‘n veilige diensverskaffer bly, en te alle tye by die Covid-19 -protokol sal hou.

Die lugdiens sal aanvanklik net tussen Johannesburg en Kaapstad, Akkra, Kinshasa, Harare, Lusaka en Maputo vlieg.

Namate die bedrywighede uitbrei, sal ook die roetes uitbrei.

Geen woord is intussen gerep oor die vordering van die omsigtigheidsondersoek na die Takatso-konsortium nie.

Takatso is die voorkeurbieër vir ‘n 51%-belang in die SAL.

Luister na potgooie hieronder