Die sanger Adam Barnard, voormalige lid van die gewilde sang-groep Romanz, is oorlede. Maroela Media berig Almitra Barnard, Adam se vrou, het bevestig hy is Vrydag in die vroeë oggendure oorlede. Sy het mense vir hul gebede tydens sy siekbed bedank en ook diegene wat steeds vir hulle bid. Barnard het verlede week in ‘n koma verval nadat sy toestand versleg het. Hy het vir ‘n geruime tyd dialise en ander mediese behandelings ontvang om hom aan die lewe te hou nadat hy nierskade opgedoen het. Ten tyde van sy dood het Barnard reeds vir langer as ses jaar op ‘n nieroorplanting gewag. Radio Rosestad in Bloemfontein, se Algemene bestuurder, Bernie Naudé, het gesê dit is met hartseer dat die stasie van Barnard se afsterwe hoor. Hy het gesê die Rosestad-span dink in hierdie moeilike tyd aan sy familie en vriende.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×