Dis van Donderdagaand af die sanger Brendan Peyper se beurt om liefde te soek wanneer die derde seisoen van die realiteitsreeks, Op my Eish, op Kyknet afskop. Peyper het 16 meisies uitgekies wat om sy hart gaan meeding en aan verskeie avontuurlustige aktiwiteite in die Oos-Vrystaat gaan deelneem. Sy regterhand gaan die sanger, Jo Black wees. Die aantreklike Peyper het gesê ‘n magdom meisies het ingeskryf. Van modelle, haarstiliste en studente tot ‘n eiendomsagent en onderwyser. Die verfilming van die reeks het in September begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×