Dit maak nie saak of jy agt is of tagtig is nie, ‘n lekker verrassing bly nou maar een maal ‘n vreugde.

Huisgenoot berig die 89-jarige Aletta Mans van Bloemfontein vertel skertsend reeds jare lank dat die sanger, Manie Jackson, haar kêrel is.

Skuins voor haar verjaarsdag vroeër in April, het Jackson haar droom om hom te ontmoet ‘n werklikheid gemaak, toe hy uit die bloute met ‘n bos bomme by die sentrum vir bejaardes waar sy woon, opgedaag het.

Jackson het haar al singend tegemoet gestap, terwyl sy niks vermoedend gesit en ontspan het.

Haar dogter, Aletta, het dié spesiale verrassing binne ’n week vanuit die Noord-Kaap, gereël.

Toe sy sien dat Manie in Bloemfontein sou optree, het sy gedink dis tyd om haar ma se jarelange droom ’n werklikheid te maak.

Volgens Aletta is die ontmoeting met Manie Jackson die heel beste ding wat nog ooit met haar gebeur het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×