Die Afrikaanse sanger Riaan Benade sterk in ‘n hospitaal in Pretoria aan na ‘n beroerte. Die 31-jarige sanger het op sy Facebook-blad gesê hy het verlede week ‘n beroerte gekry en is van Donderdag af in die Kloof-hospitaal. Benade het gesê die oorsaak is nog nie vasgestel nie maar hy het tot dusver nog nie newe-effekte gehad nie. Hy het gesê dat al sy simptome al Donderdag verdwyn het. Benade het vertel hy kan nie wag om sy storie te deel nie. Dit spreek van God se goedheid en guns. Hy het vertel hy kon sy baba-dogtertjie sien wat Vrydag een-jaar oud geword het maar sou graag veels geluk vir haar wou sing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×