Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het oor vier jaar byna R1,7 miljard uitbetaal in eise vir onregmatige inhegtenisnemings, aanhouding en aanranding.
Volgens Polisieminister Senzo Mchunu is 3 300 eise vir onregmatige inhegtenisnemings en aanhouding vir die 2020/2021-boekjaar ingedien.
The Citizen berig in die opvolgende termyn het dit na meer as 3 800 eise gestyg.
In totaal is meer as R1.6 miljard vir sulke eise betaal.
Aanrandingsake het oor vier jaar R48.1 miljoen se eise beloop.
Mchunu kon nie bevestig of uitbetalings aan buitelanders gemaak is nie.
Die Vrystaatse Hooggeregshof het onlangs die staat beveel om R4 miljoen aan drie mans vir onregmatige aanhouding en kwaadwillige vervolging te betaal.