Vyftien polisiebeamptes het na Parys in Europa gereis om te help met die uitvoering van polisiëringsdienste tydens die 2024 Parys Olimpiese Spele.

Die vyftien beamptes, sewe vroue en agt mans, is gekies uit al nege provinsies en spog elk met meer as 10 jaar ondervinding in die polisie-eenheid. Volgens generaal Fannie Masemole, die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), is hierdie ‘n geleentheid om kundigheid en kennis te deel, asook om die SAPD se skarebestuurvermoeëns te verbeter.

Van Suid-Afrika se polisiebeamptes was ook betrokke by die polisiëring van verskeie wêreldklasgeleenthede, insluitend die BRICS-beraad en AGOA, wat sonder voorval en ontwrigting plaasgevind het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×