Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPK) het nog ’n knou gekry nadat die Nasionale Tesourie sy versoek om ’n reddingsboei van R3,8 miljard van die hand gewys het.

Daily Investor berig dat hulle onlangs weer aansoek vir die Werkloosheidsversekeringsfonds se Tydelike Werkgewer / Werknemerverligtingskema gedoen het.

Die Poskantoor het ‘n moeilike paar jaar in die gesig gestaar, met miljarde se verliese sowel toenemende skuld, wat hulle tot op die rand van likwidasie stoot. Gevolglik het die entiteit twee jaar gelede sakeredding as ‘n voorwaarde vir bykomende staatsbefondsing begin.

Terwyl hulle operasionele verbeterings aangebring het en die maatskappy nader aan solvensie gebring het, het die Business Rescue Practitioners,  vroeër vanjaar gewaarsku dat die Poskantoor nog ’n reddingsboei van R3,8 miljard van die regering benodig om sy deure oop te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×