“Selfies” word in die opspoor en uitroei van spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se nuusafdeling gebruik.
My Broadband berig dat SAUK-werkers in Gauteng opdrag gekry het om hulself persoonlik aan te meld en terselfdertyd moet diegene wat elders in die land werk, op ‘n video-groep verskyn.
Dit is glo ‘n standaardprosedure wat, gebaseer op die resultate van risikobepalingsprosesse, deur die SAUK se interne oudit goerp uitgevoer word.
Hierdie is die tweede ondersoek, in een jaar, na spookwerkers nadat ‘n anonieme e-pos op sosiale media rakend die betaling van spookwerkers in die SAUK die rondte gedoen het.
Die saak sal ook na relevante owerhede verwys word vir verdere ondersoek.