Die SAUK se jaarverslag vir 2022 toon dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners stééds nie vir hulle TV-lisensies betaal nie.

TV-lisensiegelde het hiervolgens nagenoeg R900 miljoen in 2022 gegenereer.

Hoewel dit dalk vir die man op straat na baie geld mag klink, beteken dit in werklikheid dat slegs ‘n skamele 18% van mense met televisiestelle, vir hulle TV-lisiensies betaal het.

‘n Bloemfonteiner, wie anoniem wil bly, het aan Rosestad-nuus gesê hy het sommer een van sy vriende se TV-lisensies geleen om onlangs ‘n nuwe televisiestel te kon koop.

Braaivleisvuurgesprekke gaan gereeld oor die blatante weiering van mense om hulle TV-lisensies te betaal.

Die hoofrede wat aangevoer word is dikwels gebaseer op die die feit dat hulle nooit na enige van die SAUK se kanale kyk nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×