Die SAUK se bedryfshoof ontken berigte dat hy nie sy volle kontrak by die SAUK gaan uitdien nie

 Die SAUK se bedryfshoof ontken berigte dat hy nie sy volle kontrak by die SAUK gaan uitdien nie

Ian Plaatjes, die SAUK se bedryfshoof, het bewerings ontken dat hy nie sy volle kontrak van vyf jaar by die openbare uitsaaier gaan uitdien nie.

Plaatjes, wat die afgelope jaar in die pos is, sê bewerings dat hy die oorblywende tydperk van sy kontrak gaan opskort en ‘n nuwe loopbaan by eMedia Holdings gaan begin is onwaar.

Hy voer verder aan dat hy nooit met eMedia of enigiemand gepraat het oor planne dat hy van plan is om die SAUK te verlaat nie. Hy sê dié vals berig sal by die uitsaaiklagtekommissie aangemeld word.

Gerdie Karstens