Die SAUK weier om ‘n radioadvertensie uit te saai waarin AfriForum steun vra vir sy veldtog teen verdelende gedrag, wat die sing van die struggle-lied, “Kill the Boer,” insluit.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beskryf die uitsaaier se verbod as blatante sensuur.
Kriel meen die weiering maak ’n bespotting van die SAUK se aanspraak dat die instansie onpartydig is.
Die burgerregteorganisasie het reeds voorheen regstappe teen die EFF-leier Julius Malema geneem oor die omstrede bewoording, wat volgens AfriForum op haatspraak neerkom.
Die gelykheidshof het egter in 2022 beslis dit is nie haatspraak nie. AfriForum is later verlof tot appèl teen die gelykheidshof se uitspraak toegestaan.
Die appèlsaak word op 4 September aangehoor.