Die SAW het ‘n hoëvlak-waarskuwing uitgereik oor hewige donderstorms met swaar reën, hael en weerlig

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n hoëvlak-waarskuwing uitgereik oor hewige donderstorms met swaar reën, hael en weerlig oor ‘n groot deel van die binneland vanmiddag en vanaand.

Die weerdiens sê donderbuie kan tot oorstromings lei in die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die noorwestelike dele van die Vrystaat, die westelike en suidelike dele van Noordwes en die sentrale en suidelike dele van Gauteng.

Die weerdiens waarsku ook dat swaar weerlig kan voorkom wat infrastruktuur kan beskadig.

Die publiek word gemaan om nie in dié tyd onnodig rond te ry nie.

Luister na potgooie hieronder